Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 2 FEBRUARIE 2014

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTELS

Met leedwese kondig ons aan dat Ron Schneider, ZS1 VT, op Woensdag 29 Januarie 2014 oorlede is. Ons dra ons medelye aan sy naasbestaandes en vriende oor.

Dit is met leedwese dat aangekondig moet word dat die sleutel van Wellem Slier, ZS1ZG, op 21 Januarie 2014 op die ouderdom van 91 stil geword het.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(Stilte)

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG

ICASA STEL SLUITINGSDATUM OM AMATEURRADIOLISENSIES TE HERNU UIT
VOLGENDE INTECNET ONDERSOEK DIE JEUG IN AMATEURRADIO
RADIOAMATEURS ONTVANG ROSETTA SEINE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

ICASA VERLENG TOEGANG TOT DIE 5 MHZ

ICASA het aan SARL lede toegang tot die 5 MHz band met nog ‘n maand verleng terwyl ‘n meer volledige voorstel deur die ICASA raad oorweeg word. SARL lede sal steeds toegang tot 5250 en 5260 kHz hê.

ICASA STEL SLUITINGSDATUM OM AMATEURRADIOLISENSIES TE HERNU UIT

Die sluitingsdatum om vorm B in te dien is 28 Februarie 2014. Versuim om dit te doen sal lei tot die kanselasie van die lisensie. Vorm B en die Staatskoerant is beskikbaar op www.sarl.org.za

Hierdie kennisgewing is van toepassing op alle amateurradiolisensies en sluit bakens en herhalers in. ICASA sal nie ‘n faktuur aan jou stuur indien jy nie aangedui het dat jy wil hernu nie. Moet dus nie net jou lisensiegeld by die poskantoor gaan betaal nie. Voltooi en versend eers vorm B na ICASA met jou besonderhede. Dit is ook die geleentheid om jou lisensie teen ‘n laer tarief vir 5 jaar te hernu.

Neem asseblief hierdie kennisgewing ernstig op en moet nie jou ore uitleen aan diegene wat beter weet en sê dit is nie verlede jaar so gedoen nie. Dit is ‘n ICASA vereiste. Lees die Staatskoerant!

VOLGENDE INTECNET ONDERSOEK DIE JEUG IN AMATEURRADIO

Waar is al die jongmense? Bevestig nou jou deelname!

Die volgende INTECNET sal op Dinsdag, 11 Februarie, as deel van die SARL Jeugweek plaasvind. Jong amateurs word genooi om deel te neem aan ‘n debat oor waarom hulle amateurs geword het en wat gedoen kan word om meer jongmense by hierdie stokperdjie te betrek.

Intecnet sal oor herhalers in Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria sowel as op echolink gedra word. Indien jy ‘n jong amateur is word jy genooi om jou naam met die oog op insluiting op die besprekingspaneel in te dien. Stuur epos aan artoday@sarl.org.za met jou kontakbesonderhede en ons sal met jou in aanraking kom om reëlings te finaliseer.

AMATEURRADIOBOEKE

Die Suid Afrikaanse Amateurradioontwikkelingstrust het ‘n aantal boeke beskikbaar wat vanaf die ARRL aangekoop is toe die rand nog teen minder as R10 teenoor die US Dollar verhandel het. Nuwe aankope sal aansienlik duurder wees. Raadpleeg eers die webwerf voordat jy bestel. ‘n Lys van boeke wat beskikbaar is is te vind by www.amateurradio.org.za, klik die boeke skakel.

Die “Antenna Book” is nou uit voorraad en sal eers in Maart weer beskikbaar wees. Teen die huidige wisselkoers seker teen sowat 25% duurder.

Alle bestellings wat tot op 10 Februarie ontvang is sal teen 12 Februarie gepos word.

RADIOAMATEURS ONTVANG ROSETTA SEINE

Twee amateurs het seine vanaf die Europese Ruimteagentskap se Rosetta komeet opsporings eenheid suksesvol ontvang. Die eerste was James Miller, G3RUH. Hy het ontvangs van Rosetta aangeteken toe dit ‘n afstand van ongeveer 500 miljoen myl van Aarde af was. Miller het ‘n 20 meter skottel by die United Kingdoms Boschum amateurradiofasiliteit bewerkstellig. Sy ontvangs van die sein het op 21 Januarie om 09:34 UTC plaasgevind.

Ook suksesvol was Bertrand Pinel, F5PL, wat op 21 Januarie om 10:00 UTC naby Castelnaudary, Frankryk, die seine ontvang het. Hierdie besondere DX ruimteluister het hy met slegs ‘n 3,5 m skottel bewerkstellig.

Rosetta se missie is om eers ‘n paar waarnemings van komeet 67P te maak en dan in November monsters vanaf die ysige oppervlakte daarvan te verkry, dit met aan-boord instrumente te ontleed en die resultate dan na navorsers hier op Aarde terug te stuur.

HAMNET GAUTENG SUID 2014

Alle HAMNET lede en belangstellendes in die Gauteng area word genooi na die HAM”NET GS vergaderings wat vir die 2014 seisoen afskop.

Die volgende vergadering is geskeduleer vir 6 Ferbuarie 2014 van 19:00 - 21:00 by die 9th Benoni Scout Saal in Ebenezer Straat in Benoni. Die saal is nie ver van die Homestead dam in Benoni.

Vir meer informasie kontak gerus vir Chris ZS6COG by zs6cog@gmail.com of Glynn ZS6GLN by zs6gln@gmail.com

LIGANUUS

LIDMAATAANSOEKE

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is ontvang van die volgende persone:

ZS6MAL , Malcolm de Beer;
ZS6AC , JR Cilliers;
ZS6CRW , Craig Woods;
ZS1AD , Andries Duvenhage;
ZSL1075, Ampie Pistorius;
ZSL1076, Wynand Cronje;
ZSL1077, Shaun Simpson;
ZSL1078, Karel van Niekerk;
ZSL1079, Vinodh (Raj) Bisnath;
ZSL1080, Hendrik Wessels;
ZSL1081, Frans Pienaar;
ZSL1082, Dave Olwagen.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Die ledetal staan tans op 1680.

BHF-HERHALERS IN MPUMALANGA

Frik ZS6FZ, die BHF bestuurder van die SARL, het Piet Badenhorst, ZS6G, aangestel om 'n verslag op te stel ten opsigte van die stand van amateurradio-herhalers in Mpumalanga nadat Piet aangebied het om hierdie taak te onderneem.

Piet versoek dat alle klubs en individue in Mpumalanga wat betrokke is by amateurradio-herhalers of inligting het rondom herhalers, hom per e-pos moet kontak en die besonderhede aan hom verskaf. Na voltooing van die veslag sal die SARL met die belanghebbende partye kommunikeer om die uitbreiding van die herhalernetwerk in Mpumalanga te bespreek. Die volgende is die inligting wat benodig word:
. Die herhaler se ligging (koördinate waar moontlik);
. Die frekwensie;
. Die herhaler se uitsetdrywing (indien beskikbaar);
. Die herhaler se lisensienommer (indien beskikbaar);
. Verantwoordelikke klub/organisasie;
. Kontakbesonderhede van die klub if organisasie;
. Inliging oor enige UHF skakels tussen die herhalers;
. Enige ander inligting met betrekking tot die herhaler wat nuttig sal wees.

Inligting moet so gou doenlik gestuur word aan Piet, ZS6G, by e-posadres mprepeaters@gmail.com met 'n afskrif aan repeaters@sarl.org.za

Die SARL bedank die persone wat reeds teruvoer aan Piet ZS6G gestuur het. Piet sê die reaksie op die versoek van die SARL is baie positief ontvang in Mpumalanga.

KLUBNUUS

OVERBERG AMATEUR RADIOKLUB AJV

Oor die naweek van 8/9 Februarie, sal die Overberg Amateur Radioklub hul AJV hou om 10:00 en ook deelneem aan die SARL se Veld Kompetisie. Dit sal plaasvind by die QTH van John, ZS1DI, en Judy, ZS1JEG, te Stanford. Ons wil 'n bietjie opmaak vir verlede November toe ons uitgereen was.

Daar is kamp- en braaigeriewe. Dit is 'n 'bring en braai" en ons vra asseblief dat julle 'n bietjie hout saambring. Daar sal 'n kattebak verkoping wees, 'n jakkels jag en 'n vertoning van klein radio beheerde bote. Die AWA sal ook daar wees en sal van die ou draadlose uitstal en aan die gang sit.
Daar sal ook moontlike bootritte wees. Besoekers is welkom. Vir verdere inligting kan julle Sam, ZS1OR, by 028-3161470 of John, ZS1DI, by 0836096083 skakel.

KOMPETISIENUUS

AWA GG AKTIWITEIT

Vanmiddag, Sondag 2 Februarie, kan u vanaf 13:00 tot 17:00 UTC deelneem aan die AWA GG aktiwiteit. Die frekwensies om te gebruik is 14 000 tot 14 060 kHz, 7 000 tot 7 040 kHz en 3 510 tot 3 560 kHz en u kan deelneem in een van vier kategorieë - a) Enkel operateur alle bande, lae krag, b) Enkel operateur alle bande, QRP, c) Enkel operateur enkel band, lae krag of d) Enkel operateur enkel band, QRP. 'n RST verslag, operateurs naam en ruitblok word uitgeruil. Kontakte tel 1 punt vir lae-krag en 2 punte vir QRP. Logs moet teen 17 Februarie ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za

SARL NASIONALE VELDDAG

Die Februarie-been van die Nasionale Velddag vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 8 Februarie tot 10:00 UTC op Sondag 9 Februarie met foon, GG en digitale werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. 'n RS of RST verslag, die aantal senders, klas van deelname en provinsiale afkorting word uitgeruil.

U kan deelneem as 'n multi-operateur veldstasie , 'n multi-operateur veldstasie, QRP, 'n enkele operateur veldstasie, 'n enkele operateur veldstasie, QRP , 'n ultra ligte draagbare stasie of 'n algemene stasie. Die telling is gebaseer op die totale aantal QSO punte vermenigvuldig deur die krag vermenigvuldiger, vermenigvuldig met die aantal provinsies gewerk vermenigvuldig deur die klas vermenigvuldiger.

Die sluitingsdatum vir indiening van logstate is 17 Februarie en moet per e-pos aan zs4bfn@netactive.co.za gestuur word. 'n Foto of foto's van die stasie in aksie moet elke log inskrywing vergesel. Hierdie foto's sal gebruik word vir Radio ZS en ander SARL publikasies.

SARL BHF / UHF-KOMPETISIE

Die Februarie-been van die SARL BHF / UHF-kompetisie vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 8 Februarie tot 10:00 UTC op Sondag 9 Februarie met ESB, FM, GG en digitale werking op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 sentimeter. Die roepseine, sein verslag en ses-syfer ruitblok word uitgeruil, en die QSO moet ten volle twee-rigting wees. Al die inligting uitgeruil moet tydens die QSO gekopieer word.

U kan deelneem as 'n basisstasie , 'n veldstasie, 'n Klub / Multi-operateur stasie, 'n 'Rover'-stasie of 'n 4 uur beperkte kategorie stasie. Punte word bereken as een (1) punt per km tot 'n maksimum van 1 500 km. Alle kilometer berekeninge word gemaak met behulp van die "Maidenhead" ruitblok stelsel. Logstate moet teen 17 Februarie ingedien word by contest@sarl.org.za

Vind al die reëls vir die drie wedstryde in die 2014 SARL Kompetisiehandboek .

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak matig gaan wees. Sonvlek AR1967 het 'n "beta-dleta-gamma" magneetveld wat genoeg energie huisves vir X-klas sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 100.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die
20 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

31 Januarie to 2 Februarie - ZS1SKR van die Diazfees in Mossel Bay
2 Februarie - AWA GG Aktiwiteit
8 and 9 Februarie - SARL National Velddag en SARL BHF/UHF Kompetisie
11 Februarie - Volgende Integnet on Jeug in Amateurradio te ondersoek
14 Februarie - Sluitingsdatum vir nominasies vir SARL Awards
15 Februarie - Jeugnaelloop
17 Februarie - Sluitingsdatum vir logstate van AWA GG Aktiwiteit
22 Februarie - Sluitingsdatum vir logstate van Jeugnaelloop
28 Februarie - Sluitingsdatum vir Jeug Opstelkompetisie
28 Februarie – Sluitingsdatom om voorleggings vir opvoedkundige dravragte op Kletskous in te dien
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure is op www.sarl.org.za. beskikbaar vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003